+27 606 574218

TESTIMONIES

Keep me updated?

Comments are moderated.


   ENKELE TERUGVOERE OP WHATSAPP:
"Ek so bly oor siele wat gered word. So dankbaar vir mense/sendelinge/kinders van die Here wat die krag en energie het om hierdie uitreike te doen. Mag die Liewe Vader julle ryklik seen." Marieta

"Ek het ook na jul gallery gaan kyk. Dit is werklik n wonderlike werk wat jul vir die Here doen. En ek weet daar gaan baie opoffering daarmee gepaard,ek glo die saad wat gesaai is sal ontkiem en groei en baie lewens sal verander. Dit gebeur nie altyd dadelik nie. Sommige mense gryp weer vas aan die Here as dit moeilik gaan. Dan dink hul terug aan hul ontmoeting met die Here. Baie seen en sterkte met jul wonderlike werk. Mag daar n groot oes van ewige lewe kom uit akkers wat die vyand erken het as dodeakkers." Hyla   
Admin - Hendrik -
November 07, 2016 09:41:44 AM
   Tydens ons afgelope uitreik op De Rust het die span vir Pieter gebid. Pieter het gekla dat hy glad nie kon buk of behoorlik kon beweeg nie. Hy het getuig hoe hy tydens gebed n klapgluid in sy rug gevoel en gehoor het. Die volgende aand het hy kom getuig dat hy vir die eerste keer in n lang tyd sy tuin kon bewerk. Hy het voor die skare, wat hom ken, beweeg en gebuk. Al die lof en eer aan Koning Jesus!!! Hy bly die Groot Geneesheer.   
Admin - Hendrik -
November 03, 2016 08:23:50 PM
   Kyk wie loop ek op Hartenbos raak! Broer Ampie! In 1996/7 het ons begin op Hartenbos en Ampie het my gereeld kom bemoedig om deur te druk ongeag die omstandighede en reuse wat op ons wag. Een so n dag kom druk hy R10 in my hand. Dieselfde oggend vra ek die Here vir voorsiening want ek het nie eers R10 om vir die kinders kos te koop nie. Ek weier om die R10 by Ampie te vat want ek weet hy kry maar n klein pensioen. Hy antwoord my dadelik baie ferm " lyk my die broer is hoogmoedig...dalk moet ons bid vir die broer se hoogmoed? "
Ek kry so skaam en vra vir Ampie om vir my te bid.
DIE LEWENSLES WAT EK GELEER HET:
As jy God vra vir voorsiening kan Hy gebruik wie Hy wil. Hy gebruik die persoon wat bereid is om na Sy stem te luister en te reageer. Ek en jy moet net n ontvanklike hart sonder hoogmoed openbaar. Vader kan dan weer saad gee vir hom wat gesaai het.   
Admin - Hendrik -
March 07, 2016 02:40:39 PM
   Johan en Rene Kleyn het gister 28 April gaan rondloop in Barandas en op n man in n rystoel afgekom. Deon Maartin was blykbaar in n ongeluk en in verlam vir 5 jaar. Johan het met hom die evangelie van Jesus gedeel en vir die eerste keer in 5 jaar staan hy toe op en begin loop. Omtrent 5 mense wat hom ken het dit aanskou en was verbaas oor wat gebeur het.
Gisteraand het sy vrou ook kom getuig van die wonderwerk.
Vanoggend het Johan hom weer besoek en saam met hom gaan stap. Hy is nog baie swak maar loop sonder hulp kort entjies.
Al die lof en eer aan God. Dit bewys net weer Jesus leef en dat Hy intens belangstel in ons as mens.   
Admin - Hendrik -
April 29, 2015 03:44:11 PM

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...